Die Boland Amateur Radio Klub is gestig gedurende Junie 1948 as Tak Boland en op 25 Mei 1996 is die naam verander na Boland Amateur Radio Klub.
BARK is die grootste klub in Wes-Kaap met oorwegend Afrikaans sprekende lede waarvan party buite die Boland gebied woonagtig is in die gebied gedek deur die hele Wes-Kaap.
Wat is die Boland ?
Boland is ‘n gebied in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika sonder duidelik vasgestelde grense wat hoofsaaklik die wyn- en vrugteproduserende deel van die provinsie aan dui.
Bekende dorpe in die Boland is: Franschhoek, Malmesbury, Paarl, Stellenbosch, Tulbagh, Villiersdorp, Wellington en Worcester. Die klub bedien ook Kaapstad se Noordelike voorstede inwoners wat hulle vereenselwig by die gees van die klub.
Die Boland is ‘n wereldbekende bergagtige gebied met hoofsaaklik winter reënval.
Vir meer informasie, kontak gerus die klub by zs1bak@bark.org.za of besoek gerus bark.org.za