DXCC op satelliet werk

DXCC op satelliet werk

ZS1A ontvang DXCC op satelliet werk:

Johan (ZS1A) het op 27 Oktober die sesde Suid-Afrikaner geword wat die gesogte DXCC Satelliet-toekenning ontvang het. Die toekenning word deur die ARRL uitgereik aan radioamateurs wat 100 lande suksesvol gewerk en bevestig het.

Sy prestasie is behaal deur ‘n verskeidenheid modusse, waaronder SSB, CW, FT8 en FT4, hoofsaaklik met behulp van die QO-100- en RS-44-satelliete.

Johan gebruik onder meer ‘n Icom IC-9700, ‘n 1,2 m-skottelantenna vir QO-100 en ‘n Satpack-antenna vir ander satellietkontakte. Hy gebruik Logger32 om sy kontakte en DXCC-vordering by te hou.

Hy wys daarop dat satelliet-DX-werk nie net die regte toerusting en tegniese vaardigheid vereis nie, maar ook geduld en samewerking van ander radioamateurs, veral wanneer dit by die bevestiging van kontakte kom.

Baie geluk aan Johan met hierdie besondere prestasie!